26 Aug 2025

Spreuke 23:1-35

Wees tevrede met wat jy het!
Wees vergenoeg!

Jy hoef nie geld meer na te jaag as die Here nie!
Moenie skelm wees en onregverdig om meer in die hande te kry nie!

Betoon selfbeheersing in wat jy eet en wanneer jy drink!
Dronkenskap is 'n sonde wat nie die Here vereer nie maar jou eerder in skande los.
Ons behoort ook ons kinders selfbeheersing te leer terwyl hulle nog jonk is dan sal ons trots wees op hulle as hulle ouer word.
Ouers wees 'n voorbeeld vir jou kinders in hoe jy eet, drink en besigheid doen!

Here mag alles wat ons doen U vereer!
“Of julle dan eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot eer van God.”
‭‭1 Korinthiërs‬ ‭10‬:‭31‬ ‭AFR20‬‬

U is Genoeg vir my!

Archive

 2025