19 Aug 2025

Johannes 1:19-28

Johannes die Doper!
Wie was hy?
Selfs in sy tyd wou die geestelike leiers van daardie tyd by hom weet wie hy nou eintlik is.
Is hy die Messias? (Christus: Gesalfde)
Is hy Elia? (Onthou het nie gesterf nie maar opgevaar)
Is hy die Profeet? (Moses se term van die toekomstige Messias)

Waarom het Johannes dan gedoop soos net Priesters met heidene kon doen wat deel word van Jodedom (hulle het dit proselietiese doop genoem).

Johannes antwoord dat hy alles gereed kry vir die Messias wat al daar is en tussen hulle staan.
Hy dek die tafel vir Jesus se bediening!
En al was hy Jesus se ouer neef besef hy dat Jesus se Goddelikheid Hom by vêrre groter maak as Johannes self.
Johannes probeer die verhouding tussen sy bediening en die van Jesus te beskryf en eindig op met 'n slawe metafoor wat sê dat as hy die Christus soos 'n slaaf moes bedien deur Hom aan te trek, is hy wat Johannes is nie eers werd om Jesus se skoene vas te maak nie!

Here dankie vir Johannes U neef en gesalfde voorganger wat vir ons ook geleer het om na U te wys en nie na ons self nie!
U is die Messias!

Archive

 2025