17 Aug 2025

Spreuke 21:1-31

Die Here ken ons harte! Net Hy weet wat gaan regtig binne in ons aan en wat is ons motiewe.
Elke ding wat ons doen as gelowiges is om ons dankbaarheid teenoor die Here te wys vir Sy verlossing!
Daarom leef ons reg en wys!
Ons eer die Here as ons die waarheid praat en nie lui is vir werk nie maar eerder ander help uit dit wat die Here ons mee seën.

“'n Perd kan afgerig word vir die dag van 'n geveg, maar die oorwinning is van die Here.”
‭‭Spreuke‬ ‭21‬:‭31‬ ‭AFR20‬‬

Here ons is totaal en al afhanklik van U!
U is die Regverdige!

Archive

 2025