14 Aug 2025

Spreuke 20:1-30

Dronkenskap, luiheid en dubbele standaarde word herhaaldelik aangespreek in die hoofstuk.
Die skrywer beklemtoon dat die Here die slegte eienskappe verag en straf.
Daarom moet ons nie drank misbruik nie: nêrens in die skrif word gesê iemand mag nie alkohol gebruik nie, maar herhaaldelik word gesê om nie dronk te word nie! Selfbeheersing met kos en drank is vir die Here belangrik.

Dubbele standaarde in besigheid is skynheiligheid en die Here soek ons eerlike gedrag te alle tye.

Here mag ons werks-etiek, ons selfbeheersing en ons  eerbaarheid U verheerlik as ons soos U werk en besigheid doen en gesellig saam met ander kuier.
U is ons Absolute voorbeeld.

Archive

 2025