13 Aug 2025

Efesiërs 6:10-

Hierdie geestelike stryd waarin ons as gelowiges is kan ons nie sonder die Here se Krag aanpak nie en daarom moet ons beklee wees met:
Gordel van Waarheid,
Borsplaat van geregtigheid,
Skoene van Bereidheid,
Skild van geloof,
Helm van verlossing,
Swaard wat die Woord is en Gebed!

Here mag ons besef ons het geestelike wapens om 'n geestelike stryd te stry.
Daarom bid ons ook gereeld vir mekaar:
“Vrede vir die broers, en liefde en geloof van God die Vader, en van die Here, Jesus •Christus. Sy genade bly met almal wat vir ons Here Jesus Christus onverganklik liefhet.”
‭‭Efesiërs‬ ‭6‬:‭23‬-‭24‬ ‭AFR20‬‬

U is die Leerowerste van die Hemelse weermag!

Archive

 2025