12 Aug 2025

Eksodus 10:1-29

Die 8ste en 9de plaag tref Egipte omdat Farao 'n verharde hart gehad het.
Sprinkane het alles wat groen was in Egipte opgeëet en daarna was daar 'n vreeslike donkerte in Egipte maar nie in Gosen waar die Israeliete gewoon het nie!
Moses vra die hele tyd vir die Egiptenare om die Israeliete te laat trek die woestyn in om te gaan aanbid.
Maar almal betrokke besef sodra hulle trek uit Egipte kom hulle nie weer terug nie en daarom is Farao hardkoppig!

Here help ons teen mense wat hulle teen U wil verset.
U is die Lig!

Archive

 2025