3 Aug 2025

Exodus 8:1-19

Met die tweede plaag van paddas beloof Farao om die volk te laat gaan, maar verhard sy hart weereens. Tydens die  derde plaag erken Farao se towenaars dat die plaag van luise ń aksie van die Here is. Hulle kon met die vorige plae dit her-produseer, maar nie met die derde een nie.

Selfs nie eens hierdie kragtige bewys van die Here se Almag kon Farao se hart sagmaak nie.

Here, mag ons in gehoorsaamheid en met gewilligheid alles doen wat U Woord vra. Mag ons U stem hoor en ons harte sag en nederig hou voor U.

U is God Almagtig.

Archive

 2025