2 Aug 2025

Spreuke 16:1-33

Salomo beskryf die belangrikheid daarvan om ingestel te wees om die Here se stem te ken. Die mens neem ń besluit, maar sy keuses kan tot die dood lei.

Wees wys, vertrou die Here, laat Hy jou die pad wys. Wees nederig van gees en maak wysheid en insig die rykdomme wat jy najaag.

Spreuke 16:31 AFR20 "'n Sierlike kroon is grysheid; op die pad van geregtigheid word dit gevind."

Here, ons strewe daarna om U Woord te volg. Mag ons geregtigheidstand in Christus die kroon wees wat ons tot in ons gryse ouderdom dra. Mag ons U stem duidelik hoor.

U is ons Wysheid.

Archive

 2025