1 Aug 2025

Efesiërs 4:17-32

Paulus verduidelik dat ons dien van die Here begin om ons verstand te vernuwe.
So as ons anders begin dink en fokus as toe ons nie die Here gedien het nie word ons breine geherprogrameer om die regte goed te sê en dus opbouend te praat Instede van baklei, kla en vloek.
Onthou ons is gemaak vir positiewe inspraak : ons is gemaak om te seën.

As ons goddelik dink en praat gaan ons ook die regte goed begin doen.
Ons sondige leefwyses sal verander in goed doen vir ander en so die Here se plan met ons lewens deurvoer.

Een van die gevolge sal dan wees dat ons in vergifnis leef en met mense versoen!

Here help ons met vrede in ons gedagtes dan ons woorde dan ons lewens en dan ons verhoudings!
U is die Vredevors!

Archive

 2025