31 Julie 2025

Eksodus 7:14-25

Die 1ste plaag tref Egipte!
Die Nyl en al die water daarom verander in bloed!
Vir 7 dae is daar nie suiwer water om te drink nie en die Egiptenare moet putte grawe om water te kry.
Verder vrek al die visse in die Nyldelta en dit stink.
Farao se towenaars boots egter vir Aaron en Moses na en daarom steur Farao hom nie aan die eerste plaag nie.

Here maak ons wakker genoeg as slegte goed gebeur om te besef ons moet omkeer en reg doen.
U is die Lewende Water!

Archive

 2025