30 Julie 2025

Spreuke 15:1-33

Hierdie hoofstuk gaan oor die wysheid om reg te praat en goed te luister.
Salomo stel dit teenoor negatiewe en bose woorde en sê ons moet eerder wyse raad kry, ons moet luister na teregwysing, ons moet opbouend antwoord en selfs terug antwoord met sagte woorde en nie verdere konflik gelaaide taal nie.

“'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar krenkende woorde laat toorn wakker word.”
‭‭Spreuke‬ Spreuke Van Salamo 15:‭1‬ ‭CAB23‬‬

Here help ons om op die regte manier te praat, te antwoord en te bemoedig!
Mag ons U vereer met ons woorde en mag ons taal reflekteer dat ons verhouding met U het!
U is die Woord wat Lewe gee!

Archive

 2025