29 Julie 2025

Efesiërs 4:1-16

Ons is geroep en toegerus deur die Een wat regeer!
Christus wat opgevaar het en oorwin het nadat Hy op aarde was weet wat ons nodig het op aarde om 'n impak te maak!
Daarom gee Hy ons bedieninge sodat die kerk effektief deur liefde die wêreld kan omkeer vir die Here se eer.
Nou roep die Here ons om die gelowiges toe te rus!
“Christus wil hê hierdie mense moet God se mense help sodat hulle beter en beter vir God kan werk, en sodat die kerk sterker en groter kan word, die kerk wat soos Christus se liggaam is.”
‭‭Efesiërs‬ ‭4‬:‭12‬ ‭ABA‬‬

Here U het ons nie sonder 'n plan gelos in die bose wêreld nie!
U plan is die Kerk!
Ons bid vir 'n effektiewe Liggaam van Christus!
U is die Hoof van die Kerk!

Archive

 2025