23 Julie 2025

Efesiërs 3:1-13

Paulus is deur die Here geroep om aan die heiden nasies die evangelie te gaan verkondig!
Al die ander apostels het meestal net aan die Jode die lering van Jesus se evangelie gespreek, maar Paulus neem die totale vrymoedigheid om aan ander mense as Jode te preek.

Paulus noem die nuwe stap in sy roeping 'n geheimenis :
“Die geheimenis is nie aan vorige geslagte onder die mensdom bekend gemaak, soos dit tans deur die Gees aan sy heilige •apostels en profete geopenbaar is nie, naamlik dat die heidene deur die evangelie mede-erfgename, medelede van die liggaam en deelgenote aan die belofte in Christus Jesus is.”
‭‭Efesiërs‬ ‭3‬:‭5‬-‭6‬ ‭

Here dankie dat ons die voorreg het om oor U goeie nuus met ALMAL om ons te kan gesels!
U is die Vader van Almal

Archive

 2025