20 Julie 2025

Efesiërs 2:11-22

Jesus het alle vyandskap en skeidsmure tussen ons en God kom afbreek. Ons is nou saamgevoeg met Christus in een liggaam: Die Liggaam van Christus. Ons is versoen met ons Vader en kan met vrymoedigheid na Hom gaan deur ons verhouding met Jesus.

Ons is nou in Sy familie ingetrek en nie meer vreemdelinge wat nêrens behoort nie.

Vader U het in U liefde alles gegee om ons weer deel te maak van U familie. Hoe bevoorreg is ons nie om deel te wees van die liggaam van Christus en ingesluit te wees en saam met Hom opgebou te word in die woonplek... 'die heilige tempel van die Here'. Ons aanbid U alleen, Here.

U is ons Hoeksteen
U is ons Vrede

Archive

 2025