19 Julie 2025

Saterdag 19 Julie

Eksodus 5:1-24

Farao verhard sy hart teen die Here en Moses. Hy plaas ook erger druk op die Israelitiese slawe deur boumateriaal weg te vat maar dieselfde produksie te vereis. As gevolg van die druk, beskuldig die Israelite vir Moses dat dit sy skuld is dat hulle nou erger behandel word.

Here, mag ons soos Moses in elke uitdagende situasie, eerste na U hardloop (v22). Dankie dat U die groter prentjie sien. U sien die einde van die begin af en die toekoms van die hede. Mag ons verhouding met U wees soos die van Moses:
'Die Here het met Moses van aangesig tot aangesig gepraat, soos 'n man met sy vriend praat...' Eksodus 33:11.
Ons het U lief Here!

U is ons Toevlug
U was en is en sal vir ewig ons Verlosser wees.

Archive

 2025