18 Julie 2025

Spreuke 13:7-12

Ons is soms baie teleurgesteld in die uitkoms van ons verwagtinge. Mismoedigheid oorval ons baie gou wanneer dit waarop ons gehoop het nie vervul word nie. Iets wat ons egter weer hoop gee en nuwe lewe bring soos vers 12 en 19 beskryf, is wanneer ons die vervulling van 'n belofte sien gebeur.

Dit is nodig om jou 'wonderwerke' en vervulde beloftes met ander te deel. Jy mag die 'nuwe lewe' in hulle donker tyd wees wanneer jy getuig hoe jou verwagting gerealiseer het.

Here, U is groot en U is goed. Mag U goedheid en guns in ons lewe 'n aansporing wees vir ander om hulle geloof te versterk en deur te druk.

U is ons Hoop

Archive

 2025