17 Julie 2025

Efesiërs 2:1-10

Niks wat ons ooit self doen sal ons aanneemlik maak vir die Here nie. Maar Jesus het gekom en deur Hom het God die Vader ons aangeneem vanuit Sy ryk genade en barmhartigheid, en in hemelse plekke laat sit saam met Jesus. Sonder Hom was ons bestem vir 'n ewige dood.
Niemand kan roem dat hy enige aandeel het aan sy eie redding nie.

Here, Hoe onoortreflik goed en genadig is U teenoor ons. Aan U kom al die eer toe vir ons redding. Want uit genade is ons verlos, deur geloof. Dankie vir hierdie onverdiende gawe.
Ons kies om die goeie werke wat U vir ons voorberei het met vreugde te doen sodat U verheerlik kan word daardeur.

U is Goed en vol Genade

Archive

 2025