14 Julie 2025

Efesiërs 1:16-23

Een van die kragtigste gebede wat Paulus bid vir die gemeente van Efese kom in vanoggend se stukkie voor.

Ek bid dit oor elkeen wat vanoggend saamgelees het:
Vader ek bid dat U vandag vir elkeen 'n gees van wysheid en openbaring sal gee. Verlig hulle harte en geestesoë sodat hulle tot 'n diepe bewustheid sal kom van die hoop en roeping waartoe U hulle geroep het. Hulle is 'eenkant-gesit' vir Christus as 'n ewigheids erfenis.

Mag hulle ontdek en verstaan wat die onmeetbare, onbeperkte grootheid is van U Heilige Gees krag binne in hulle, sodat hulle hulle Godgegewe roeping hier op aarde enduit kan uitvoer. Mag hulle besef dat hulle saam met Christus ver bo enige ander outoriteit heers en dat in Jesus se Naam, enige magte wat teen hulle kom, die knie moet buig voor Jesus.

U is ons Outoriteit
U is ons Krag

Archive

 2025