12 Julie 2025

Spreuke 12:23-28

Die Here moedig ons aan in Spreuke om met vlytige hande te werk. Hardwerkendheid is 'n kosbare besitting (24, 27). Wanneer jy uitdagings teëkom en bekommernis jou neerslagtig maak, soek iemand wat 'n woord van bemoediging vir jou kan gee (25).
Die beste plek om egter 'n woord van bemoediging te kry vir 'n donker tyd in jou lewe is by die Here:
'Maar U, Here, is vir my 'n skild aan alle kante; U is my eer, en die Een wat my kop hoog hou. ' Ps 3:4

Here U Woord moedig ons aan om vlytig en hardwerkend te wees. Dankie vir die voorreg om U Koninkryk ook in ons werksplekke uit te dra deur ons hardwerkendheid.

You are the Lifter of my head.

Archive

 2025