11 Julie 2025

Efesiërs 1:1-15

In Christus is daar vir almal wat in Jesus glo en aan God behoort, 'n voorafbepaalde plan van redding. Hierdie redding is moontlik gemaak vir ons deur die bloed van Jesus. Sy bloed reinig en heilig ons sodat ons onberispelik en geheel en al vergewe van sonde voor Hom kan staan.

In Christus het die Heilige Gees ons kom seël as God se eiendom. Dit is ons waarborg dat ons toegerus is met Sy gawes om as liggaam van Christus die ewigheid saam met Hom te regeer.
Wat 'n vrymakende wonderlike hoop is dit nie.

Vader, U het vooraf elke detail van ons verlossing van sonde beplan. Dankie vir U genade. Jesus dankie vir die prys wat U bereid was om te betaal. Heilige Gees, ons kosbare Voorspraak en Leier. U herinner ons aan elke Woord van waarheid waarmee U ons geseën het.

U is ons Vader, ons Verlosser en die Seël op ons lewe.

Archive

 2025