2 Julie 2025

Kolossense 3:18-25

Soos aan die einde van baie van Paulus se briewe adresseer hy nou verskillende groepe in die kerk. 

Hy begin by vroue en dan mans, kinders, vaders en dan slawe voordat hy almal weer aanspreek:
“Wat julle ook al doen, werk met geesdrif, soos vir die Here, en nie soos vir mense nie,”
‭‭Kolossense‬ ‭3‬:‭23‬ ‭AFR20‬‬

Uit Paulus se briewe leer ons verhouding dinamika in die gesin en ook in die werksplek. 
Onderdanigheid, liefde en vergifnis, gehoorsaam wees en werksetiek is eienskappe wat ons moet oor gesels in die kerk. 

Here dankie vir verskillende verhoudings! 
Mag ons in al ons rolle U vereer omdat ons in al ons titels U verteenwoordig. 
U is ons Vader!

Archive

 2025