29 Junie 2025

Kolossense 3:1-17

Hoe leef ons asof ons saam met Christus uit die dood opgewek is:
Soos heiliges!
Soos iemand wat sy denke kom vernuwe :
“Bedink die dinge daarbo, nie die dinge op aarde nie.”
‭‭Kolossense‬ ‭3‬:‭2‬ ‭AFR20‬‬

As ek en jy anders oor onsself dink, soos die Here oor ons dink sal ons nie meer lieg nie en elke sonde aflê wat ons weerhou om die Lig van Jesus op aarde te laat skyn.

Ek en jy het nie verskonings oor klas, ras en geslag nie, by die Here staan ons gelyk om Sy Heerlikheid uit te dra in 'n donker wêreld in.

Here help ons met hierdie lewens proses van heiligmaking.
Hoe meer ons daarin groei hoe meer verheerlik ons U!
U is die Lig!

Archive

 2025