28 Junie 2024

Genesis 50

Na Jakob se dood begrawe Josef en sy seuns hom in Kanaän waar Abraham en Jakob se ouers begrawe is.

Josef se broers is toe na Jakob se dood baie bang dat Josef sou wraak neem teen hulle oor hul slegte behandeling van hom vroeër.
Maar Josef antwoord hulle met trane so:
“Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om 'n groot volk aan die lewe te hou.”
‭‭Genesis‬ ‭50‬:‭20‬ ‭AFR20‬‬

Josef leef toe vir 110 jaar en sterf in Egipte.

Here mag ons in vergifnis leef soos Josef geleef het omdat hy U groter plan raakgesien het.
U het 'n plan met ons!
U is die Weg!

Archive

 2025