27 Junie 2025

Spreuke 10:18-32

Die mond van 'n regverdige bring lewe en voorspoed, dit voorsien vir ander en maak dat mens in vreugde leef!

Maar die woorde van 'n goddelose mens (dus iemand wat nie in die Here glo nie) veroorsaak hartseer, konflik en armoede omdat dit leuens en verraad uiter.

Dis wyser om minder te praat en iets vir iemand te beteken as om met baie woorde mense te vlei en dan eintlik te lieg.

“Wat 'n goddelose vrees, dit kom hom oor; maar wat regverdiges begeer, dit gee God.”
‭‭Spreuke‬ ‭10‬:‭24‬ ‭AFR20‬‬

Here mag ons ook met ons tong die regte dinge vir U vra en nie ons monde gebruik om vrees en leuens te praat nie!
U is die Waarheid!

Archive

 2025