26 Junie 2025

Kolossense 2:13-23

Om reëls en wette en gebruike as jou godsdiens te beskou is soos om 'n gesprek met 'n skaduwee te hê verduidelik Paulus.
Hoekom sal ons dit doen?
Gesels eerder met die Een wie se skaduwee die wet is: dit is Jesus!

Hy maak ons vry deur Sy kruisdood en genade is ons vry van die voorskrifte van moets en moenies van die Ou testament.

Hy gee ons nou die Heilige Gees om ons vanuit verhouding te lei.

Here dankie dat U ons vrymaak van mensgemaakte tradisies en uitgediene wette!
Ons wil moreel reg leef voor U!
U is die Volheid en nie die skaduwee nie!

Archive

 2025