23 Junie 2025

Kolossense 2:1-12

Jesus is die geheim wat Paulus verkondig!

“Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is.”
‭‭KOLOSSENSE‬ ‭2‬:‭6‬ ‭

Wedergeboorte is die besnydenis van hart deur Jesus self.
Dan moet ons, ons daarom laat doop om te wys ons is klaar met ons ou lewe- ons sterf vir sonde, en ons staan in Christus op in 'n nuwe lewe van gehoorsaamheid!

Here dankie vir die oorwinning van saam met U lewe en dat ons nie aan tradisies en bygelowe hoef vas te hou nie!
U is die Vrymaker!

Archive

 2025