9 Junie 2025

Spreuke 6:16-35

Daar is 7 goed wat die Here haat!
Jy kan dit vermy deur na raad en vermaning te luister:
“Want 'n gebod is 'n lamp, en onderrig is 'n lig. Die pad na die lewe is teregwysing deur vermaning,”
‭‭Spreuke‬ ‭6‬:‭23‬
Maar ook selfbeheersing toe te pas.

Sonder selfdissipline is jy 'n slaaf van sonde en kan jy dit nie beheer nie.
Wellus is soos om vuur in die vou van jou klere te probeer rond dra (v. 27). Dit sal jou oorweldig.

Luister na die Here en na die raad van jou ouers en insette van die wat jou lief het sodat jy kan wen.

Here dankie vir U gebod (U Woord) en raad en help ons almal om selfbeheersing toe te pas sodat U verheerlik kan word!
U is ons Raadgewer!

Archive

 2025