10 Junie 2025

Genesis 44

Josef stuur sy broers terug met graan, die silwer waarmee hulle kom betaal het en hy laat sy eie beker plant in Benjamin se sak.

Toe sy broers terug gaan na Kanaän laat hy hulle vang.
Met hulle terug kom in Egipte sê Josef dat Benjamin nou sy slaaf moet wees oor die diefstal wat hy kwansuis gepleeg het.

Juda pleit egter by Josef dat Benjamin moet terugkeer na sy pa, Jakob, anders sal die ou man sterf.
Juda het aan Jakob gesê hy sal instaan vir Benjamin en nou doen hy.

Here dankie dat U uit die stam van Juda gekom het en Netsoos hy in gestaan het vir ons.
U is ons Verlosser

Archive

 2025