4 Junie 2025

2 Korintiërs 13:1-13

“Ten slotte, broers, wees altyd bly, streef na vervolmaking, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede – en die God van liefde en vrede sal met julle wees.”
‭‭2 Korinthiërs‬ ‭13‬:‭11‬ ‭AFR20‬‬
 
Streef na vervolmaking!
Ons moet elkeen aanhou veg teen sonde!
Paulus waarsku dat as hy weer die gemeente gaan besoek gaan hy nie die wat gemaklik geraak het met sonde ontsien nie.
In die kerk vandag is daar mense wat aanhou sondig sonder berou en niemand hou hulle verantwoordelik nie.
We Paulus sê ons moet! Anders deel ons in hulle sonde.

Here help ons om berouvol om te gaan met sonde en so volmaakte lewens na te streef.
U is Heilig!

Archive

 2025