2 Junie 2025

Spreuke 4:14-27

“Die pad van regverdiges is soos die helder oggendlig – dit verhelder geleidelik tot die volle dag.”
‭‭Spreuke‬ ‭4‬:‭18‬ ‭AFR20‬‬

Daar teenoor staan die pad van die goddeloses of onregverdige wat donker is en hulle laat struikeling.

Hierdie verligte pad vir regverdiges word deur die Here se Woord verlig!

Daarom moet ons Sy Woord in ons harte bewaak met die regte gesindheid :
“Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe.”
‭‭Spreuke‬ ‭4‬:‭23‬ ‭AFR20‬‬

Here ons wil die regte pad bly kies en in U Lig bly wandel!
U is die Lig en die Woord!

Archive

 2025