28 Mei 2025

Genesis 39

Josef werk vir Potifar.
As 'n jong man werk hy hard en hy word aangestel bo al.al in Potifar se huis.
Omdat hy jonk en mooi was het Potifar se vrou Josef aanhoudend genooi na haar bed, maar hy het gesê hy wou nie teen die Here en sy baas sondig nie.
Daarom het die bose vrou gelieg en Hom aangekla dat hy haar wou verkrag.
Hy is in die tronk gegooi: onregmatig.

Daar het hy egter ook floreer en vinnig bevorder beleef totdat hy in beheer was van die tronk net onder die gevangenis hoof se outoriteit.

Here help ons om hard te werk ten spyte van ons omstandighede!
Ek is seker Josef se werk was nie altyd lekker nie maar tog het hy deeglik gewerk.
U is ons Meester!

Archive

 2025