27 Mei 2025

Spreuke 3:1-35

“Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak.”
‭‭Spreuke‬ ‭3‬:‭6‬ ‭AFR20‬‬

Wysheid en insig word verder aanbeveel as 'n lewenswyse om te soek.

As ons harte op wyse besluite gerig is sal die Here ons bly beskerm en ook op pas van verkeerde en slegte omstandighede as gevolg van dom keuses.

Moenie dink dat bose mense se manier beter is nie: dit bly boos!
Oordink eerder die regte manier oor hoe om mense te behandel.

“Eer is wat wyses as erfdeel ontvang, maar dwase, dié verhoog Hy tot skande.”
‭‭Spreuke‬ ‭3‬:‭35‬ ‭AFR20‬‬

Here ons bly U wysheid in ons lewens kies.
U is Liefde!

Archive

 2025