26 Mei 2025

2 Korintiërs 11:16-33

Instede van kwalifikasies en suksesse spog Paulus vêr eerder oor die pyn en lyding wat hy moes deurmaak om die evangelie te kon verkondig!

“As daar dan gespog moet word, sal ek oor my swakhede spog.”
‭‭2 Korinthiërs‬ ‭11‬:‭30‬ ‭AFR20‬‬

Dit is so teen alles in om nie te wys hoe oulik jy is nie maar eerder te getuig oor die harde werklikheid van lyding.
Net die 5x 39 houer moes hom geskend en stukkend gelaat het. So 'n sessie is eintlik 'n doodstraf, min oorleef dit: wat nog van 5?

Paulus se doelgerigte deursettingsvermoë is wat hier vir ons uit staan!
Hy sal deur enige iets gaan om die evangelie te kon verkondig!

Here help ons om so nougeset en doelgerig vir U te leef!
U is ons Lewe!

Archive

 2025