21 Mei 2025

Spreuke 1:20-33

Wysheid nooi ons om "haar" te volg. In Hebreeus is wysheid 'n vroulike woord al is dit 'n aspek van die Here se karakter wat hier uitgelig word en gekontrasteer word met dwase besluite.

Die Here in Sy wysheid wil ons weglei van verkeerde geselskap en dom keuses.
Vir trotse dwaasheid kom rampe en slegte keuses lei tot swaar tye, maar as ons wysheid kies versorg die Here en Sy beginsels ons!

Here ons kies die wyse manier van leef: U Woord as riglyne!
In stede van wat vir ons goed of lekker lyk.
U is Wysheid!

Archive

 2025