20 Mei 2025

2 Korintiërs 10:1-18

Paulus Beantwoord 'n paar skinderstories en sarkastiese opmerkings oor homself met sy reguit manier.
Hy sê baie duidelik dat sy stryd nie teen mense is nie maar teen bose argumente wat teen (eintlik) die Here opgerig word:
“Die wapens van ons stryd is immers nie menslik nie, maar, danksy God, kragtig om sterk vestings af te breek, redenasies te vernietig,”
‭‭2 Korinthiërs‬ ‭10‬:‭4‬ ‭AFR20‬‬

Daarom moet ons mooi dink wat ons sê en doen.
Neem elke gedagte gevange en maak dit aan Christus onderdanig.

Paulus sê hy hoef homself nie aan te beveel of op te hef nie. Hy beroem hom in die Here.

Here dit is U wat ons beloon! Al verwerp mense ons, U beveel ons aan!
U is ons Doel!
Vir U werk ons!

Archive

 2025