14 Mei 2025

2 Korintiërs 8:16-24

n Getroue vriend!
Somtyds het jy 'n persoon nodig om jou by te staan met wat jy nie kan doen nie.
Titus was so 'n eerbare vriend vir Paulus.
Omdat Paulus vra vir geld by die Korintiërs vir die gemeente van Jerusalem wat swaarkry, het hy iemand betroubaar gesoek om die finansiële bydrae van 'n paar gemeentes te vat na Jerusalem.

Hy beveel dus Titus aan en sê dat hulle die jong eerbare man kan vertrou want Paulus self vertrou hom.

Here dankie vir vriende wat ons kan vertrou!
U is ons Ware Vriend!

Archive

 2025