27 April 2025

Psalm 144

"Geluk is is die volk wie se God die Here is!"

Dawid se hande was nie net bedrewe vir die geveg nie maar kon ook musiek maak, maar hy besef dat al sy gawes ook sy leierskap, eintlik van die Here kom.
Daarom is tyd in gebed en aanbidding nodig!
Dis Hy alleen wat ons kan red van moeilikheid!
Dawid besef dat die Here Almagtig en groot is en dus behou hy perspektief in gebed.

Daarom eindig ons ook die Onse Vader met:
Aan U behoort die Koninkryk en die krag en die Heerlikheid tot in ewigheid!
Amen

U is Almagtig!

Archive

 2025