26 April 2025

2 Korintiërs 4:16-18

Ons leef in dankbaarheid teenoor die Here!
Meer en meer mense word deur Sy genade gered.
En dan besef ons dat ons liggame wat oud word en agteruit gaan bevat 'n gees wat deur die Heilige Gees net beter en beter word!!
So al voel die lewe swaar is dit tydelik en dus "lig" volgens Paulus.
Daarom moet ek en jy gefokus bly op die ewige en nie die tydelike te belangrik maak nie.

Here dankie vir 'n onsigbare geestelike groei wat vir ewig waarde het en in ander se lewens 'n impak maak.
Help ons minder bekommerd wees oor die sigbare en tydelike dinge van die lewe om ons!
U is die Onsigbare Ewige!

Archive

 2025