6 Mei 2024

Rigters 6

Gideon slaan koring uit, nie op die dorsvloer (op ñ bult met ñ wind) nie, maar in ñ parskuip waar druiwe gepars word.
Hy doen dit so omdat Israel bang was vir die Midianiete wat hulle toe al vir 7 jaar onderdruk het.
Die Engel van die Here is ñ voorverskynsel van Christus wat in die ou testament van tyd tot tyd aan mense verskyn.
Hier praat Jesus met Gideon en verteer sy offer vanuit die Rots.

Hy roep Gideon tot bekering en vra dat hy die baal altaar sal afbreek en sy pa se bul sal offer met die asjera paal as brandhout.
Gideon doen dit in die nag uit vrees vir sy mense, en die volgende oggend wil sy dorp hom doodmaak hiervoor.
Sy pa Joas het egter gesê dat Baal vir homself moet veg.

Gideon kry toe die mense van Israel bymekaar toe die Midianiete en die Amalekiete teen hulle optrek.
Net voor die stryd vra Gideon vir die Here ñ teken, nou is hy op die dorsvloer.
Daarom sit hy n vlies uit en vra dat dit aleen moes natdou en dit het. Daarna vra hy vir dou maar die vlies moet droog bly, en dit het.

Here, dankie dat U met ons praat en telkens met genade ons ongeloof tegemoet kom!
U is Geduldig en Getrou!

Archive

 2024