5 Mei 2024

2 Samuel 11

Dawid was veronderstel om te gaan veg, maar op sy dak kyk hy na ñ vrou wat was.
Hy onthaal toe vir Batseba en slaap by haar.
Sy raak swanger en Dawid laat haar man Urija van die gevegslinies af kom om met sy vrou te wees, maar die jong held kies om solank as wat hy in Jerusalem is nie by sy huis te slaap nie, maar voor die paleis se deur.
Dawid stuur hom terug na Joab met ñ brief dat die leerowerste Urija voor moet sit in die geveg.
Urija sterf in die aanval.
Dawid maak dit af as iets slegs wat maar gebeur in oorlog, maar dit was moord.
Batseba word toe Dawid se vrou.

Here, U sien elke ongeregtigheid al probeer mense dit wegsteek.
U is Regverdig!!

Archive

 2024